Optiese instrumente

'n kaart van optiese instrumente

Daar kan tussen 2 soorte optiese instrumente onderskei word: die objektiewe of projekterende instrumente (soos die fotografiese objektief en die oog), wat 'n beeld van 'n voorwerp op 'n projeksievlak (fotografiese film, retina) werp, en die subjektiewe of nie-projekterende instrumente, wat as hulpmiddel by 'n objektiewe optiese instrument gebruik word. Voorbeelde hiervan is die vergrootglas (loep), die teleskoop en die mikroskoop, wat almal 'n vergrotende funksie het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search